Welgemeend
Konferensies • Troues
• Maaltye • Restourant
Kloofstraat 129 • Tuine • 8001
e-pos
Kontak: Riëtte Luitingh @ 021 423 6347/8 x 202
Agtergrond
Geleë op die statige gronde van die Hoërskool Jan van
Riebeeck in die Tuine, is Welgemeend 'n ware oase van harmonie en styl
te midde die woelige stadskom. Die gebou is gehul in 'n
ouwêreldse atmosfeer met alle moderne geriewe tot u beskikking.
Welgemeend, met sy trotse tradisie en geskiedenis, is 'n Nasionale
Gedenkwaardigheid, maar hier is geen verkalking van die kreatiewe are
nie. Hier heers 'n atmosfeer van geredelike produktiwiteit en positiewe
energie.
Ligging
Weens sy sentrale ligging, bied Welgemeend maklike en vinnige toegang
na Kaapstad, ruim parkering, moderne spysenieringsgeriewe en 'n
gemaklike werkmilieu wat u sal behaag. Welgemeend leen hom tot
huweliksonthale, funksies, konferensies, wynproe-aande en
jaareindfunksies.
Fasiliteite
Die Media 24-teater is volledig toegerus vir 'n voorlegging
of aanbieding. Dit bevat 100 sitplekke, beligting, en 'n verhoog wat
perfek is vir die bekendstelling van nuwe idees en produkte. Dié
ruimte kan ook omskep word in 'n aktiewe werkforum vir groepe van 40.
Die Investec-Hofmeyr salon, met sy kaggel en ou houtbalke in die dak en
'n houtvloer om die regte toon te stel. Dis 'n unieke dinee- of
konferensielokaal wat 22 gaste om 'n formidabele houttafel kan huisves.
Dié ruimte kan rangskik word vir 80 mense, bioskoop-styl, of vir
'n lesinggehoor van 30.
Die Sanlam-Kamer is sonnig, snoesig en intiem, met ou Bataviese
vloerteëls en 'n geelhouttafel waarom 10 gemaklik kan sit vir
middag- of aandete.
Restourant & Veranda
Die restourant is volledig toegerus en 80 gaste kan rustig aansit vir 'n wonderlike maaltyd.
Die Welgemeend voorsien spyseniering en 'n kontantkroeg met 'n
kroegman. Spesifieke behoeftes kan in samewerking met die kliënt
gereël word.
Kyk vanaf Welgemeend se breë stoep uit op die wonderlike tuin en
stadsvista, wanneer u 'n bietjie vars lug skep of die harmonie van die
tuin wil geniet. Dit is ook die ideale plek vir troues of ope-lug
konserte.
Welgemeend is voorwaar u eerste keuse vir werk of jolyt in 'n
gemoedelike ruimte, omring en gevoed deur die gerusstelling van die
bekende, en die opwinding van die toekoms.
|
Welgemeend
Conferences • Weddings • Meals • Restaurant
129 Kloof Street • Gardens • 8001
e-mail
Contact: Riëtte Luitingh @ 021 423 6347/8 x 202
Introduction
Located in the stately grounds of Jan van Riebeeck High
School in the Gardens, Welgemeend is a true oasis of harmony and style
in the midst of the frenetic City Bowl. The building is cloaked in a
rustic atmosphere, with all the modern conveniences at your disposal.
Welgemeend, with its proud tradition and history, is a National
Heritage site — but you will find no creative stagnation here.
This facility embraces all visitors with a holistic spirit and energy
that embody and speak of productivity and accomplishment.
Setting
Blessed with its central location, Welgemeend offers convenient and
rapid access to and from the City and its environs, spacious parking,
modern catering facilities, and a gracious, welcoming work atmosphere
that will please and enhance your endeavours. Welgemeend is ideal for
wedding receptions, functions, conferences, wine tasting evenings and
year-end festivities.
Facilities
The Media 24 Theatre is fully equipped for any presentation.
It boasts 100 seats, lighting and a stage that is perfect for the
unveiling of new ideas or products. This area may also be easily
transformed into an active working forum for 40 delegates.
The Investec-Hofmeyr Salon, with its fireplace, classic ceiling beams
and wooden floor, sets the right tone for any stylish conference. This
unique venue, for dining or conference purposes, seats 22 guests around
an imposing wooden table. This space can also be rearranged to
accommodate 80 visitors, cinema-style, or as a lecture room for 30
attendees.
The Sanlam Room is sunny and intimate, adorned with old Batavian floor
tiles. The yellow wood table seats 10, dining in simple luxury, for
lunch or supper.
Restaurant & Veranda
The restaurant is a modern work of art, compact yet fully equipped create gastronomic delights for up to 80 seated guests.
Welgemeend provides its own catering and also has a cash bar with an
attending barman. Specific culinary or other needs may be organised
beforehand. Take a break and step out onto Welgemeend's broad and
spacious veranda, soaking in the tranquillity of the garden and the
view over the City Bowl. This charming setting makes an ideal venue for
weddings or open-air concerts.
Welgemeend is indeed your first and obvious choice for a work session
or pure, hedonistic indulgence. Be surrounded by the comfort of the
familiar, while embracing the exciting possibilities of the future.
|