Oorsig – Sport

Hoërskool Jan van Riebeeck beskik oor puik sportfasiliteite waar sport op ‘n hoë vlak bedryf word. Die wye verskeidenheid sportsoorte wat aangebied word skep genoegsame geleentheid vir grootskaalse deelname en betrokkenheid, asook vir die ontwikkeling van elke sportseun en –meisie se unieke potensiaal. Onder leiding van puik afrigters word skitterende prestasies gelewer.