Oorsig – Kultuur

Hoërskool Jan van Riebeeck staan bekend as ‘n kultuurskool, nie slegs in die Wes-Kaap nie, maar ook nasionaal. Kultuur is dus werklik ‘n top prioriteit! Jan van Riebeeck spesialiseer in ‘n baie groot verskeidenheid kultuuraktiwiteite. Iewers op die baie besige kultuurkalender van die skool is daar ‘n plekkie vir elke leerder om betrokke te raak, talente uit te bou, te ontwikkel en te presteer.