Hoërskool Jan van Riebeeck
Tel: (021) 423 6347
Faks: (086) 623 8730


Kloofstraat 129, Tuine,
Kaapstad, 8001
Kleinood Tamboerskloof Wines & de Boerin Olive Oil

Historiese en Kultuurgerigte fasiliteite

Welgemeend Kultuur, Konferensie en Onthaalsentrum aanliggende tuin.

Welgemeend

Welgemeend is een van die min oorblywende Ou Kaapse plaashuise van die eertydse Tafelvallei wat dateer uit die 18de eeu. Dit is ’n ongewone historiese gebou met ’n besonderse inhoud: die Boerneef-versameling van Suid-Afrikaanse kunswerke, asook verskeie kosbare meubels. Wanneer mens op die stoep staan en na Tafelbaai kyk, kan jy jou indink hoe die uitsig was tot nie lank gelede nie  met  velde wingerde en, ver onder, die Kaapstad, met talle seilskepies geanker in die baai. Welgemeend was die tuiste van verskeie bekende persoonlikhede onder andere die politikus Jan Hendrik Hofmeyr, bekend as ‘Onze Jan’.

Boerneefversameling: Maggie Laubser

Hierdie goed bewaarde gebou met ‘n ten volle toegeruste kombuis word benut deur die skool vir restaurant –aande, kunsuitstallings, veilings, fondsinsamelings ens.

Kontak Marius Hitge by:
083 652 25673 indien u dit wil huur vir ‘n funksie.

Hofmeyr-Murray kas in Welgemeend

Boerneef kunsversameling

Prof IW van der Merwe (1897 – 1967), bekend as die skrywer Boerneef, het oor ‘n tydperk van 15 jaar ‘n uitmuntende versameling Suid-Afrikaanse kunswerke byeen gebring. In 1962 het hy die kern daarvan aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad bemaak. Sy hoofdoel hiermee was om kinders aan oorspronklike kunswerke bloot te stel. Hierdie belangrike kunsversameling van onder meer Irma Stern, Maggie Laubser, Alexis Preller, Jean Welz, Enslin du Plessis, Francois Krige en ander Suid-Afrikaanse meesters word nog steeds hier gehuisves en kan deur die publiek op aanvraag besigtig word.

Comments are closed.