Busroetes

Hoërskool Jan van Riebeeck bied nie slegs wonderlike koshuisverblyf nie. Daar is ook ‘n netwerk van busroetes wat bykans die helfte van ons leerders daagliks veilig en gerieflik na en van die skool en na buite-kurrikulêre aktiwiteite vervoer.

Die skool maak gebruik van privaat kontrakteurs wat verskeie roetes in die Westelike, asook die Suidelike voorstede ry.

Daar is verder ook twee My City-busse binne loopafstand van die skool.

Jan van Riebeeck is dus nooit te ver nie. As jou ouers jou nie kan aflaai nie, of as jy nie in die koshuis wil bly nie, klim op ‘n bus wat jou veilig by die skool sal besorg. Ons hoop van harte dat jy sommer vroeg-vroeg jou eerste buskaartjie na ons puik skool gaan koop.