Webtuiste kry in Mei meer as 5000 besoeke!
Die Hoërskool Jan van Riebeeck se nuwe webtuiste lok al hoe meer verbruikers deurdat ‘n opsomming die skool bereik het waarin bevestig is dat die webtuiste in Mei-maand 5618 keer besoek is. Ons wil ouers en besighede aanmoedig om ons skool te ondersteun deur ‘n advertensie op ons webtuiste te plaas, of om dit net gereeld te besoek.
Meer inligting kan onder die bronneskakel afgelaai word of JJ van Niekerk kan gekontak word by 076 391 3414.
Gepubliseer onder Gemeenskapsbetrokkenheid


