Voorwoord: Skoolhoof

Aksie wat ’n verskil maak word gebore uit geleenthede wat benut word. Al het geleenthede nie ’n mandaat nie bring dit hoop op ’n uitkoms. Die ergste van alles is dat mense vanselfsprekende geleenthede miskyk, dit wat ons moet raaksien lê reg onder ons neuse. Uitkomste is nie vervat in vêrgesigte, of komplekse benutting van geleenthede nie, maar is dikwels so vanselfsprekend dat ons dit miskyk.

Welkom by die tussentydse webtuiste van Hoërskool Jan van Riebeeck, ek hoop van harte dat u nie te veel verloor het voordat u hierdie webtuiste besoek het nie, maar dat u regtig tuis sal voel en al u uitkomste hier sal bereik by die vanselfsprekende, reg onder u neus.

Hoërskool Jan van Riebeeck

Jan van Riebeeck kry ’n nuwe webtuiste! Met groot afwagting sien ons uit na ’n nuwe webtuiste wat op 14 Februarie 2012 (Valentynsdag) bekend gestel word, om die mees omvattende, maar ongekompliseerde medium van kommunikasie vir Jan van Riebeeckers, oud-leerlinge, ouers en Suid-Afrikaners met hulle geliefde skool daartestel. My dank en waardering aan die bouers van ons webtuiste om ’n tydelike webtuiste met die nodigste inligting daar te stel.

Besoekers aan die tydelike webtuiste moet asseblief nie huiwer om die kontak adres van die skoolhoof, ook gedurende die vakansie, indien enige onduidelikhede of beperkte inligting ondervind word nie. Vir u gerief is die belangrike datums en gebeure aan die regterkant gelys en omskrywende inhoud volg onderaan.

Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar word met ‘n warm Jan van Riebeeck hart u toegewens.

Belangrike datums & gebeure:

8 en 9 Des 2011:

  • Rapporte kan by die skool afgehaal word tussen 08:00 en 14:00.

11 Januarie 2012:

  • Skole heropen vir leerlinge om 08:00 in die skoolsaal.
  • Nuwe leerlnge en ouers vergader vanaf 7:30 in die Welgemeend vir koffie en beskuit.
  • Graad 8 verwelkoming neem in aanvang direk na die saal opening. (Sien Graad 8 inligting hier regs)

Januarie Hoogtepunte

5 Boeke en Klerewinkel open (Weeksdae: 08h00 – 16h00)
Matriekuitslae word vrygestel op Rooiplein (12h00)
9 Skole open vir onderwysers (08h00)
Koshuis HK trek in (14h00)
10 Kabinet saamtrek (10h00)
Koshuise open (16h00 – 20h00)
Amptelike Reijgerskeepverwelkoming (20h00)
11 Skole open vir leerders (08h00: Gr. 8 bymekaarkoms in Welgemeend)
Graad 8 Verwelkomingskamp
13 Stigtersdag (11h00 – 14h00)
Graad 8 skouspel (18h00)
14 Graad 11 Oriënteringskamp (09h00)
18 Graad 11 ouervergadering (19h00 in skoolsaal)
20 Matriekkamp
21 Seuns A Cappella kamp
26 Jan Zoe swemgala (14h00 – 17h00)
Moedskep ouer-spitbraai (18h00)
Jan Toeks (18h00 – 21h00)
27 Jan Zoe atletiek (08h00 – 14h00)
Tarieftoegewings aansoeke sluit
31 Handevat finale beoordeling
Graad 12 vakveranderings sluit

Verwelkoming: Koshuis Huiskomitee

Baie welkom aan alle voornemende koshuisleerders! Die nuwe huiskomitee van Huis Jordaan (SOP meisieskoshuis) en Huis van der Merwe (ROG seunskoshuis) is oorgehaal vir aksie in 2012 en nooi u om die verwelkomingsbrief aftelaai en te bestudeer voor u koms.

Die Reijgerhuis (Rog en Sop) beloof weer ‘n jaar van gees, onvergeetlike skakelings en uitstappies, stimulerende programme weekliks en bowenal die vestiging van onbreekbare vriendskappe.

Sien jou op 10 Januarie 2012 met die Reijgerbraai!